URINARY TRACT INFECTIONS/ URIENWEGINFEKSIES

WAT IS ‘N URIENWEGINFEKSIE?/WHAT IS AN URINARY TRACT INFECTION?

Normaalweg is die uriene van ‘n persoon steriel en bevat geen bakterie,virusse of swamme nie. Die uriene bestaan net uit ‘n samestelling van water, soute en afvalstowwe.

‘n Urienweginfeksie word veroorsaak wanneer klein organismes, gewoonlik bakteriee vanaf die verteringstelsel, aan die uretra gaan heg en dan begin vermeerder.

Die uretra is die deel wat uriene vanaf die blaas na buite vervoer. Ongeveer 90% van alle urienweginfeksies word veroorsaak deur ‘n bakterie wat in die kolon voorkom, naamlik E.coli.

Sommige mense is meer geneig om urienweginfeksies te kry as ander, veral as die blaas nie elke keer heel leeg gemaak word wanneer uriene gepaseer word nie.

Die volgende persone is meer geneig tot urienweginfeksie:

  • Diabete as gevolg van ‘n verandering in hulle immuunstelsels en persone met enige afwyking waar die immuunstelsel onderdruk word.
  • Persone met kateters of buise in die uretra of blaas of wanneer daar ‘n niersteen is wat die vloei van uriene kan beinvloed.
  • Mans met ‘n vergrote prostaatklier (kom meer by ouer mans voor).
  • Vrouens is ook meer geneig om urienweginfeksies te kry as mans, as gevolg van die lengte van hulle ureter. Vroue se ureter is baie korter as mans s’n.
  • Die feit dat vrouens ook sit wanneer hulle uriene paseer en mans staan, verhoog die kanse om urienweginfeksie te kry.
  • Vrouens het ‘n 20% kans om weer urienweginfeksie te kry, wanneer hulle dit al voorheen gehad het.

Urienweginfeksie by swanger vrouens kan versprei na die niere wat baie gevaarlik kan wees, dus doen dokters gereelde urientoetse tydens swangerskap om te voorkom dat dit gebeur.

SYMPTOMS OF AN URINARY TRACT INFECTION/SIMPTOME VAN ‘N URIENWEGINFEKSIE

Did you know that not everyone with an urinary tract infections has symtoms?

Here is the most common symptoms when having an UTI (urinary tract infection):

  • An urge to urinate frequently.
  • A burning and painful feeling in the bladder or urethra during urination.
  • Pain, even when not urinating.
  • Women often experience an uncomfortable pressure above the pubic bone.
  • Passing small amounts of urine when having a huge urge to urinate.
  • Milky or cloudy urine.
  • When you start getting fever, it is an indication that the infection has spread to the kidneys.
  • Kidney infection presents back pain, nausea causing vomiting and pain below the ribs.

To diagnose a UTI, the doctor needs to take a midstream urine sample. The testing can be done in the doctor’s room or otherwise send to the lab for testing.

BEHANDELING EN VOORKOMING VAN URIENWEGINFEKSIE/ TREATMENT AND PREVENSION FOR AN URINARY TRACT INFECTION

Urienweginfeksies word behandel met antibakteriele medikasie(antibiotika). Die medikasie en tydperk van behandeling hang van die persoon se geskiedenis en wat die uitslae van die urientoets was( watter bakterie in die uriene is).

Dit is baie belangrik dat die pasient die hele kursus antibiotika voltooi en opdrink, al het die simptome al verdwyn voordat al die medikasie op is aangesien die staking van die medikasie tot weerstandigheid kan lei.

Om urienweginfeksie te voorkom:

  • Drink elke dag genoeg water (ten minste 8 glase)
  • Moenie knyp nie, gaan dadelik toilet toe en moenie wag tot dit te laat is nie.
  • Wanneer vrouens die toilet gebruik, onthou om altyd van voor na agter te vee met die toiletpapier.
  • Stort eerder as om te bad
  • Moenie gegeurde seep en spuitgoed of gekleurde toiletpapier gebruik nie

Dit is nie altyd moontlik om ‘n urienweginfeksie te vermy nie, maar begin met behandeling sodra die eerste simptome voorkom. Dit kan die behandelingstydperk korter maak en dan sal die infeksie vinniger opklaar.

Scroll to Top